
=====================================================================
Punt in die wind (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Punt in die wind

Om 'n Afrikaanse geselsradio soos Punt aan die gang te kry en te hou sit nie in elkeen se klere nie, meen Rhonette Fick.

Op die groen bank l David Rees met sy groot nommer 9-skoene uitgestrek. Dis sesuur in die oggend en Reinard Ludick maak gereed vir sy 
eerste nuusleesskof van die dag.

David slaap vas. In die voorportaal van Punt Geselsradio Kaap 729 (Gauteng 1332) mediumgolf se kantore digby die Waterfront in Kaapstad. 
Dis in die fase van Punt Nommer Een. Dinge gebeur vinnig, soms woes. David was 'n werklose ster van Egoli en het daagliks in die 
middagetenstyd saam met Tiffany Kelly in sy geradbraakte Afrikaans die eerste Afrikaanse Geselsradio op die lug op dreef probeer kry. Soms 
met 'n meerdere en heel dikwels met 'n mindere mate van sukses.

Maar Punt het bly staan. Vandag sou Rees nie net sy gereelde nagtelike slaapplek moes opgee nie. Die teenswoordige professionele benadering 
van Punt beteken dat Rees nie eens in 'n ontspanne oomblik op sy lessenaar sou kon sit nie. Dis Punt Nommer Drie wat nou vasbeslote 'n nuwe 
kultuur vestig. En daarmee saam 'n splinternuwe klank.

Rees was deel van 'n span baanbrekers wat almal moes leer hoe 'n geselsradio nie net in Afrikaans klink nie, maar ook hoe dit bestuur 
behooort te word. Met 'n taamlik maverick-agtige baas (hy's soos 'n pastoor op speed, het een aanbieder by geleentheid van hom ges), moes 
Punt drie jaar gelede die skrikwekkende nuwe taak aanpak om mediumgolfradio te herontdek. Om nie van digitale ateljees en tegniese duiwels 
te praat nie!

Punt Nommer Twee onder AME het gekom en gegaan. Nou is dit skeepsreg vir Jackie Mar en haar span by Punt Nommer Drie. Punt is hier om te 
bly, glo Jackie onwrikbaar. Sy vuur die verkoopspan tot ongekende hoogtes aan. Die luisteraarstal vermenigvuldig.

Dis in die fase van Punt Nommer Twee dat Ingrid Geldenhuys moes ervaar kleur bly nooit ver van die oppervlak wanneer jy 'n aanbieder is 
nie. Sy en die regisseur Vinette Ebrahim het op 'n dag besoek van 'n gereelde manlike inbeller uit Namibi ontvang. "Hemel, maar julle is 
twee mooie klimmeide!" was die eerste woorde waarmee hy hulle in die ateljee begroet het. En daarna wou hy hulle opsluit met vakansie neem 
Parys toe (Parys, Frankryk, byges).

Dan was daar die kuiergas wat op soek was na Susan Booyens. Sy het toe vroegoggend die nuusprogram op Punt Een behartig. As 'n mens vyfuur 
al in die ateljee moet wees en net tien minute van die werk af woon, dan lyk jy soggens om nege-uur wanneer jy van die lug af kom, met een 
woord oes. In so 'n geval sluip jy agter die gas se rug verby badkamer toe en gaan was eers blitsvinnig gesig en hare voordat jy 'n 
verskyning waag.

Wat geselsradio uniek maak, is dat jou gaste vir 'n program soms nie opdaag nie. Veral in die begin was daar nog nie musiek of advertensies 
of ander gaste gereed om sulke leemtes te vul nie. Reinard het in die vroe dae met Eiendomsgesprek op 'n stadige Sondagoggend in so 'n 
penarie beland toe sy gas weens maagprobleme nie die telefoon kon haal nie. Dis toe dat sy regisseur 'n plan maak soos net 'n boer kan: gee 
twee bottels vonkelwyn weg vir telefooninbellers (Puntenaars op die Puntplaneet, het Andr Potgieter, die eerste baas, hulle gedoop en 
daarna is hulle bra onseker deur die omroeperskorps so genoem) wat hul droomhuis beskryf. Dit was 'n groot sukses en Punt se aantal 
inbellers het die hoogte ingeskiet.

Haar bynaam is Wanda Wonderwerk en dit is min of meer wat mense van die sakevrou Jackie Mar verwag nadat sy 'n konsortium kopers 
bymekaargekry en Punt van ondergang gered het.

Nou is Punt 'n lewendige, eietydse medium vir alle Afrikaanssprekendes. En kn die mense praat as hulle eers uit hul doppe gekruip het! 
Luister gerus. Op die luggolwe gaan dit punt in die wind met Afrikaans. Rhonette Fick is 'n regisseur by Punt Geselsradio in Kaapstad.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7416.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

